Modulekode | BOK 121 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Module-inhoud | (a) Molekuul tot sel (2 weke) Beginsels van fisiologie, chemie en genetika soos op die mens van toepassing. Makromolekules, lipiede, koolhidrate en proteïene. Inleidende genetika: Molekulêre evolusie, geenstruktuur en transmissie, genetiese beheer van selsiklus en genetiese defekte. Impulsgeleiding en spiersametrekking. senuweepotensiale. (b) Sel tot weefsel (4 weke) Gametogenese, embriogenese, embriopatie, weefselleer en voorkoms van die verskillende weefseltipes. Die immuunsisteem en komponente daarvan. Weefselspesifisiteit, genetiese beheer van ekspressie en faktore wat geen-ekspressie beïnvloed. (c) Weefsel tot organisme (2 weke) Anatomiese terminologie en inleiding tot sistemiese en funksionele organisasie van die liggaam. Rangskikking van weefsels in organe. Die lewenstadia van die mens. |
Modulekrediete | 40.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 7 lesings per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Anatomie |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App